Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Parmalat onttrek appelsap

$
0
0

Die suiwelhandelsmerk Parmalat het ’n besending PureJoy-appelsap aan die mark onttrek, want dit is met skoonmaak-chemikalieë besmet, het The Star vandag berig.

“Al die onverkoopte produkte wat geraak is, is reeds uit ons verspreidingstelsel onttrek, asook waar moontlik van die winkels waarheen dit versprei is,” is die Parmalat-woordvoerder Andre Mahoney aangehaal.

“Ons rekords toon die verspreiding vir primêre verkope was heel waarskynlik tot die Wes-Kaap beperk, maar ons erken dat verbruiker of verspreiders die produk na ander gebiede kon geneem het.”

Die geraakte besending is die 200 ml UHT PureJoy-appelsap met strooie daaraan vas.

Andre sê ’n aanvanklike ondersoek dui op ’n fabrieksprobleem wat gelei het tot die versending van “ ’n klein aantal pakke” wat met die skoonmaak-chemikalieë besmet is.

Die onderneming sê die sap is nie vir inname geskik nie en die besmetting raak geen ander produkte nie.

Die ondersoek duur voort.

- Sapa


 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>