Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Bulgurslaai in soetpatats

$
0
0

GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 1 uur

4 soetpatats, skoongeskrop
SLAAI
375 ml (1½ k) bulgur
2 Granny Smithappels, in dun skyfies gesny
1 rooi-ui, gekap
30 g gemengde slaaiblare
VINAIGRETTE
45 ml (3 e) olyfolie
45 ml (3 e) appelasyn
5 ml (1 t) Dijonmosterd
2 ml (½ t) suiker
sout en vars gemaalde peper

Voorverhit die oond tot 190 °C.

  1. Draai die patats in tinfoelie toe en bak ongeveer 1 uur in die oond, of tot gaar.
  2. Slaai Sit die bulgur in ’n glasbak en bedek met kookwater. Maak toe met kleefplastiek en laat staan 15 min. of tot uitgeswel. Haal die kleefplastiek af en vlok met ’n vurk. Laat ’n bietjie afkoel.
  3. Vinaigrette Klits al die bestanddele saam en meng deur die bulgur. Geur met die sout en peper.
  4. Meng die res van die slaaibestanddele deur die bulgur.
  5. Sny ’n gleuf in elke patat en maak liggies oop. Skep van die slaai in elke patat en sit voor saam met Griekse jogurt.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>