Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

‘Dis ek, Anna’ en ‘Die Staat teen Anna Bruwer’ gaan ‘n fliek word

$
0
0

Jy kan ’n speld hoor val hier in die Paleis van Justisie in Pretoria.

dis ek

“Die staat teen Anna Bruwer,” sê die regsgeleerde met die swart toga. Sy stem is streng en formeel.

Vanuit die beskuldigdebank staar Anna senuagtig voor haar uit. Sy dra ’n blou toeknooptrui oor ’n konserwatiewe blou rok. Sy wring haar hande in mekaar, wit in die gesig. Skuins agter haar sit haar ma, Johanna du Toit. Die spanning kerf swaar merke oor haar voorkop.

Die regisseur, Sara Blecher, gooi ’n laaste oog oor die toneel voor die kamera begin rol . . .

“Ai, dit is ’n lekker gevoel!” sê die skrywer Anchien Troskie later. “Lekker maar ook scary!”

Die fliek Ek, Anna, wat op haar twee blitsverkoperromans Dis Ek, Anna, en Die Staat teen Anna Bruwer, geskoei is, word tans in Johannesburg, Pretoria, Bloemfontein en Knysna verfilm.

Anchien en haar man, Lafras, wat op Oesterbaai in die Oos-Kaap woon, het spesiaal vir ’n paar dae Johannesburg toe gekom om tyd op die filmstel deur te bring.
“Die eerste ding wat my opgeval het, is hoeveel tyd dit verg om net een toneel te doen,” vertel sy. “En om te sien hoeveel emosie elke akteur in sy rol uitstort, is ongelooflik.”

Sy het nog nie die draaiboek gelees nie, “en ek gaan ook nie, want ek dink nie dit is nodig nie”, voel sy. “Ek het volle vertroue in die produksiespan.”
Maar dit was anders toe die vervaardiger Niel van Deventer haar in 2012 kontak om te hoor of hy haar twee boeke mag verfilm. Dié boeke is op haar lewe as gemolesteerde kind gegrond.

“Ja jong, ek moet erken ek was eers skepties,” bieg Anchien. “Maar toe ek hom later ontmoet, toe weet ek hy het respek vir my werk.”
En wat dink sy van die aktrise Charlene Brouwer wat die hoofkarakter, Anna, speel?

“Sy is beautifull, nè?” antwoord Anchien. “En om te dink dat sy my rol vertolk! Dit wat ek tot dusver vandag gesien het, moet ek sê sy is briljant.”

• Ek, Anna, sal na verwagting in Oktober uitgereik word.
• Nicola Hanekom, Morné Visser, Eduan van Jaarsveldt, Hykie Berg en Marius Weyers is ook in die rolverdeling te sien.

Deur Jaco Hough-Coetzee

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>