Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Donderdag 29 Januarie 2015

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Fiësta (kykNET): Fiësta was daar toe die heel eerste kykNET Vonkelvrou op Parys in die Vrystaat aangebied is. Praatjies, kosdemonstrasies en heerlike musiekvermaak is deur die loop van die naweek vir die vroue aangebied.

18:30 Masterchef Junior USA(M-Net): Kyk hoe die jong sjefs ’n storm los kook in Gordon Ramsay se kombuis.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fritz het sy hande vol met Stef. Marius vaar nie veel beter met Vicky nie. Hulle wroeg ook albei omdat hulle voel hulle het Stef nie genoeg bygestaan nie. Nico probeer verbete die Rosers se guns terugwen en ’n bondgenoot van Gunther maak. Gaan Gunther sy samewerking gee of het hy sy eie agenda, en wat is dit? Sonja wend ’n dapper poging in die kombuis aan nadat Fritz haar oor die kole haal.

18:30 7de Laan (SABC2): Ryno sien Lynette vir die eerste keer sedert die orgaanfiasko. Sal die liefde weer vlamvat? Nog ’n bekende gesig verskyn weer in die strate van Hillside. Hallusineer Ty?

19:30 Binnelanders (kykNET): Zadie en Merle smee hegte bande, en Naomi besluit om die bul by die horings te pak. ’n Verwarring ontstaan oor wie Nicholas is, en Ivanka is minder beïndruk deur Gustav se nuwe vriendskap. Susanna en Jana vorm ’n gedugte span, en Tertius kry ’n slag goeie nuus. Cheri-Lee maak ’n nota in ’n boekie, en Zieg word omgepraat om te bly vir ’n sessie. Die regisseur kies ’n nuwe persoon vir die hoofrol.

19:30 Man Cave (SABC3): Janez Vermeiren en Lunga Shabalala ding mee in die “ultimate bro-down”.

19:30 The Fixer (M-Net): Hierdie bekroonde drama het Kerry Washington as Olivia Pope, ’n “fixer” vir die Withuis.

20:00 Bravo! (kykNET): Ons kyk wie is wenners by Tuis se Regruk met Flair-wedstryd. Ons gaan ook na die Kaapse opening van die bekroonde toneelstuk SAMSA-masjien. En dan staan Hannon met sy hande in die hare . . . nie sy eie nie, maar Niekie van den Berg s’n!

20:00 Voetspore (SABC 3): Reis saam met die Voetspore-span deur Afrika en ervaar saam met hulle al die uitdagings, ongelooflike landskappe en uiteenlopende kulture.

20:00 Crossbones (M-Net Edge, DStv-kanaal 102): Die bekroonde akteur John Malkovich vertolk die rol van die legendariese Blackbeard in hierdie seerower-avontuur. Lowe vertrek na Jamaika nadat hy ’n ooreenkoms met Blackbeard aangaan.

20:30 Sandra op ’n Drafstap (kykNET): Sandra draf letterlik saam met Helen Zille en val in die stof, maar Helen tel haar op.

20:30 Top Billing (SABC3): Die Top Billing-span fokus op mense en plekke in Suid-Afrika, asook wêreldwyd. Hulle kyk na die jongste modegiere, flieks en voer eksklusiewe onderhoude met bekendes.

21:30 kykNET Aktueel – Flits (kykNET): Kim Cloete, Yvonne Beyers en Fanie Cronjé het ’n vars en energieke benadering tot die wêreld van Afrikaanse kuns, modes en sosiale gebeure.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>