Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Vrou sny haar kinders se keel met mes om hulle stil te hou

$
0
0


Volgens aanklaers in die staat Washington, het die vrou wat daarvan aangekla word dat sy haar drie klein kindertjies se keel met ’n kombuismes gesny het, aan speurders gesê dit was om hulle stil te hou ter wille van haar man, ’n soldaat.

In hofverslae wat Maandag ingedien is, sê die 29-jarige Christina E. Booth van Olympia in die polisieondersoek haar man het haar nooit gehelp het met die kinders, ’n twee jaar oue kleuter en ’n tweeling van ses maande, nie en dat hy “baie omgekrap” geraak het wanneer hulle huil.

Christina het Maandag borgtog van R34,5 miljoen gekry.

mames2

Vroeg-vroeg Sondagoggend in hegtenis geneem tydens ’n ondersoek na poging tot moord. Volgens die kantoor van die distriksaanklaer in Thurston is sy Maandag nog nie formeel aangekla nie. Dit was ook nie duidelik of sy al ’n prokureur het nie.

Die kinders se toestand is Sondag as stabiel beskryf nadat hulle geopereer is.

Die hospitaal reik nie vorderingsverslae oor hul toestand uit nie. Hulle is in die sorg van die staat se kinderbeskermingsdienste geplaas.

Christina se man, Thomas Booth, het aan die polisie gesê sy vrou was onder behandeling vir nageboortelike depressie, aldus die hofstukke.

 
Bronne: ABC News, CNN, Huffington Post


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>