Deur Jaco Hough-Coetzee
Ja, sy is effens senuagtig, maar aan die ander kant sien sy vreeslik uit daarna om weer op die verhoog te wees en haar emosies agter die klavier en mikrofoon uit te stort.
So gesels die sangeres Lieze Stassen oor haar terugkeer na die musiekwêreld nadat haar stem 10 jaar lank stil was.
“Al het ek jare gelede met die dood van my seun gesweer ek sal nooit weer kan sing nie, het my soeke na die groot vrede nooit opgedroog nie,” verduidelik sy.
Lieze het intussen genesing gevind en op haar voete geland “op ’n stukkie heilige grond tussen perde en donkies, tussen die ryk grond en die blou hemel. Die note in my kop het weer helder geword en ek het onthou ek het ’n stem.”
Teen die einde van verlede jaar het sy weer voor die klavier gaan sit en begin komponeer. Die eindproduk, die album My Hart Is Jou Gebed, is vandeesmaand uitgereik.
Lieze vertel elke liedjie hierop is ’n stukkie van haar hart en ’n stukkie van haar verhaal. Sy is nou ook gereed vir ’n reeks konserte landwyd, waarvan die eerste op 23 Augustus by die Dorpstraat-teater by Stellenbosch plaasvind.
KASSIE:
Vir besprekings, bel die Dorpstraat-teater by 021-889-9158 of besoek www.dorpstraat.co.za.
Loer ook in by www.liezestassen55.blogspot.com.
Luister hier hoe sing sy haar 1997-treffer, Bokkie: http://www.youtube.com/watch?v=GLvfxdbmglM.