Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Star Wars-kostuum red man se lewe

$
0
0

’n Man in Australië het danksy ’n Star Wars-kostuum ’n dodelike slangbyt oorleef.

Die oudsoldaat Scott Loxley (47) samel sedert 2013 geld in deur om die Australiese kontinent te loop met ’n Stars Wars Stormtrooper-kostuum.

Vandeesweek het ’n 1 m lange Australiese bruinkapel hom aan die been gebyt toe hy in ’n afgesonderde deel van die land teen ’n heuwel uitstap.

Dié dodelike slang slaan sy tande in en spuit groot hoeveelhede gif in, meer as enige ander slang ter wêreld.

“Die plastiekpantser (van die kostuum) het my beskerm,” het Scott op Facebook geskryf.

“Ek het gevoel hoe die tande die plastiek skraap, maar die uitrusting het dit afgeweer. So vir almal wat met die Stormtrooper-kostuum spot en sê dit kan nie dit of dat doen nie, sê ek: Dit het vandag my lewe gered.”

Bronne: The Daily Telegraph en TIMESLive

 

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>