Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Woensdag 14 Januarie 2015

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar stukke! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Geure uit die Vallei (kykNET): Die gewilde kok Chris Smit is terug met ’n nuwe seisoen. Met Franschhoek wat bak in die goue gloed van die somer beplan Chris om die meeste te maak van die oorvloed aan vars produkte wat dié seisoen bring.

18:00 Manhattan Love Story (M-Net): Dana en Peter is twee jong, aantreklike en enkellopende mense wat hul weg in die groot stad probeer baan.

18:30 7de Laan (SABC2): Nadia en Sonja bespreek hul planne. Altus soek na ’n woonstel. Dit blyk dat hy eindelik besef het sy huwelik het skipbreuk gely. Vanessa en Bonita is baie besorg oor Vince.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Dis die dag van Astrid se verassing. Vicky se rok is reg, maar Stef ontnugter haar weer. Marius moet albei sy ekse deur feitlik identiese situasies onderskraag. Nico burger homself by die Villa in. Fran ontmoet Maryke en is nie bang om haar mening te lug nie. Sonja se eerste dag by die werk breek aan, maar dit lyk of Paul reeds moed verloor het. Terwyl Stef die verlede herleef, neem Vicky ’n lewensbesluit.

18:30 Got to Dance (M-Net): Kyk hoe Ashley Banjo, Kimberly Wyatt en Adam Garcia hul soektog voortsit om Brittanje se talentvolste dansers op te spoor.

19:30 Binnelanders (kykNET): Iemand word onkant betrap in ’n badkamer, en Kobus se toekoms is op die spel ná ’n oproep van Jan Verster. Zadie moet Naomi wyse raad probeer gee, en Tertius wil die woonstel opgee. Zieg kry dit reg om weer ’n verpleegster te manipuleer, en ’n belydenis kan ’n groot verskil maak.

20:00 Kwêla (kykNET): Charlize Theron en Sean Penn was mal oor die ouwêreldse Cape Town Club; daarom moes die span ook gaan onderoek instel. Stefanus Nel kom gesels oor sy Blink Projek.

20:30 Love that Girl (SABC 2): ’n Jong, geskeide vrou keer terug na haar tuisdorp om onafhanklik te wees en ’n nuwe lewe te begin.

21:30 Prontuit (kykNET): Twee vroue met ’n sterk persoonlikheid pak onderwerpe aan wat ’n wyer maatskaplike benadering verg. Mariëtta Kruger en Kabous Meiring werp saam met hul gaste lig op polemieke en kulturele vraagstukke.

23:00 Teen Wolf (SABC2): ’n Jong tiener se hele lewe verander drasties nadat ’n weerwolf hom gebyt het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>