Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Verneukte bruid sny haar man se penis af . . . twee keer

$
0
0

Daar is duidelik geen keer aan ’n ontstoke vrou nie.

Toe Feng Lung (21) van China uitvind haar man, Fan Lung (32), stuur gewaagde e-posse aan ’n ander vrou vanaf haar selfoon, was die gort gaar. Net daar gryp sy ’n skêr, storm hul slaapkamer binne waar haar man lê en slaap, en knip sy penis af.

Fan is inderhaas hospitaal toe gebring waar dokters daarin kon slaag om sy penis vas te werk. Maar nog was dit het einde niet. Terwyl hy in die hospitaal herstel het, het sy vrou sy kamer binnegeglip en sy penis ’n tweede keer afgesny, waarna sy dit blykbaar by die hospitaalvenster uitgegooi het.

’n Erg geskokte Fan het sy vrou net daar agternagesit. Hospitaalpersoneel het hom in die straat aangetref met bloed wat teen sy been afstroom terwyl hy besig was om sy vrou aan te rand.

Dis toe dat hulle sien hy is weer sy penis kwyt. Ten spyte van ’n uitgebreide soektog, kon Fan se geslagsdeel nie opgespoor word nie. Daar word gevrees ’n rondloperkat of -hond het dit opgeëet.

Intussen sê Fan se nuwe meisie, Zhang Hung (21), sy gee nie om dat hulle nie kinders sal kan hê nie. “Dit maak nie saak nie. Hy het reeds vyf.”

Bronne: www.nypost.com, www.people.com  

 


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>