Volgens gerugte het Charlize Theron aangedring op dieselfde betaling as haar manlike medesterre.
Die aktrise, wenner van ’n Oscar-toekenning, is besig met voorbereiding vir die verfilming van Universal Pictures se rolprent The Huntsman, ’n vervolg op die 2012-treffer, die fantasie-aksie-avontuurprent genaamd Snow White and the Huntsman. Sy speel teenoor Chris Hemsworth.
En, in die lig van Sony se e-pos-kuberkraakskandaal, het Charlize blykbaar seker gemaak dat sy regverdige en gelyke betaling kry vir haar werk.
“Charlize het daarop aangedring om dieselfde betaling te kry as Chris,” het ’n bron aan Page Six verklap, en opgemerk dat sy ’n kontrak van meer as $10 miljoen gekry het vir The Huntsman. “Sy het tot dusver uitstekend gepresteer, dus het sy dieselfde transaksie beklink.”
’n Uitgelekte e-poswisseling tussen uitvoerende amptenare/beamptes van Sony het getoon dat Jennifer Lawrence en Amy Adams minder betaal word as hulle medesterre in American Hustle, ’n geslagsgebonde praktyk wat blykbaar dekades lank die standaard was in Hollywood.
‘Charlize het daarop aangedring om dieselfde betaling te kry as Chris.’
Bewerings oor ’n nuwe neiging wat besig is om kop uit te steek, doen die rondte, naamlik dat aktrises, in die lig van onlangse gebeure, aandring op dieselfde betaling as manlike rolspelers.
“Een uitknikker-gevolg van die Sony-kuberkraakskandaal is dat daar groter sensitiwiteit oor gelyke betaling vir aktrises en vir huurpraktyke by rolprent-ateljees sal wees,” het die ingewyde opgemerk.
Charlize het onlangs erken dat sy haar nie sommer laat onderkry nie.
Toe sy gevra is aan watter een van die sewe doodsondes sy die skuldigste is, het sy gebieg dat daar een in die besonder is wat dikwels opduik.
“Ek is waarskynlik aan almal van hulle skuldig, maar ek dink my trots is soms in die pad,” het sy gesê tydens ’n gesprek met ’n joernalis van die Amerikaanse uitgawe van Marie Claire se 20 Ouestions-kolom.
Charlize kan volgende gesien word in die fliek Mad Max: Fury Road – ‘n rol waarvoor sy haar kop kaalgeskeer het.
Sy is ook klaar met die verfilming van die drama The Last Face, waarvan haar kêrel, Sean Penn, die regisseur is.
© Cover Media