Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 10 min.
SLAAI
½ kopkool
2 appels, in klein
blokkies gesny
1 komkommer, in klein
blokkies gesny
SLAAISOUS
15 ml (1 e) Dijonmosterd
30 ml (2 e) balsemieke asyn
60 ml (¼ k) mayonnaise
10 ml (2 t) strooisuiker
sout en vars gemaalde peper
CALAMARI
15 ml (1 e) botter
15 ml (1 e) olyfolie
500 g calamariringetjies
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 ml (2 e) knoffel-enkruiespeserye
30 ml (2 e) suurlemoensap
- Slaai Sny die kool in baie dun repies en meng met die appels en komkommer in ’n mengbak.
- Slaaisous Klits al die bestanddele saam en geur met die sout en peper na smaak.
- Meng die sous deur die slaai of sit apart voor saam met die slaai.
- Calamari Verhit die botter en olie in ’n groot pan. Braai die calamari 1-2 min. of tot gaar (wanneer dit nie meer deurskynend in die middel is nie) oor hoë hitte.
- Voeg die knoffel, speserye en suurlemoensap by en roerbraai nog ’n paar sekondes vinnig. Sit die calamari voor op die slaai en saam met ekstra suurlemoen.
As jy die gereg vullender wil maak, kook baba-aartappeltjies en meng dit deur die slaai.