Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die lekkerste witsjokolade-ystervarkies

$
0
0

Hierdie ongewone ystervarkies sal beslis jou vriende en familie beïndruk.

Lewer 15
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 45 min.

375 ml (1½ k) strooisuiker
4 eiers
250 ml (1 k) melk
80 ml (⅓ k) olie
500 ml (2 k) meel
15 ml (1 e) bakpoeier
’n knippie sout
5ml (1 t) vanieljegeursel
Bolaag
350 g wit sjokolade, gekap
375 ml (1½ k) room
300 g droë klapper
30 ml (2 e) sjokoladestrooisels

Voorverhit die oond tot 180 °C en voer ’n bakpan van 33 cm x 27 cm uit met bakpapier.

  1. Klits die strooisuiker en eiers saam tot lig en donsig. Sit eenkant. Bring die melk en olie in ’n kastrol tot kookpunt. Giet die melkmengsel in ’n stadige, dun stroom in die eiermengsel in terwyl jy klits.
  2. Sif die meel, bakpoeier en sout saam in ’n mengbak. Vou dit in die eiermengsel in. Voeg die vanieljegeursel by en meng deeglik.
  3. Giet die beslag in ’n die voorbereide pan in en bak 30 minute of tot ’n steekpen skoon uitkom. Haal die koek uit die oond en laat in die pan afkoel voor jy dit op ’n draadrak uitkeer. Haal die papier af en laat die koek heeltemal afkoel. Sny in 2 cm-blokke.
  4. Bolaag: Smelt die wit sjokolade oor ’n pot pruttende water, roer die room in en klits tot die mengsel lig is. Bedek elke koekblok met die sjokolademengsel en rol in die klapper en sjokoladestrooisels. Verkoel of sit dadelik voor.

Deur Hope Malau
Foto: Jacques Stander


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>