Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou eerste afspraak

$
0
0

Jy kry net een kans om ’n goeie eerste indruk te maak, so sit jou beste voetjie voor! So maak mens

Die perfekte uitrusting

Ontspanne: Niks sê diva soos ’n paar hemelhoë hakke vir ’n informele fliek- en pizza-afspraak nie. Kies iets prettigs en ontspanne soos ’n rok, oulike knooptrui en platskoene. As jy nie hou van meisierige klere nie, dra jou gunsteling-jeans en ’n oulike toppie. Ouens, kies jeans en jou gunsteling-T-hemp. En as jy haar wil beïndruk, is ’n kraaghemp en jeans ’n gesofistikeerde keuse.

Opdollie: As jou ou jou na ’n spoggerige restaurant neem, kan jy ’n skemerkelkrokkie aantrek – maar laat iets aan die verbeelding oor. As jy te veel lyf wys, kry hy dalk die verkeerde idee, of jy skrik hom heeltemal af! Jy kan hakskoene dra as jy gemaklik daarmee kan loop.

Ouens, julle kan wegkom met jeans, ’n kraaghemp en deftige skoene by sommige spogrestaurante, maar bel liewer om seker te maak of jeans in die haak is.

Buitemuurs: Of dit nou ’n piekniek in die park is en of julle die heuwels aandurf op ’n staptog, dra gemaklike skoene!

Wie betaal?

Dis ’n gevoelige onderwerp! Dit word dalk beskou as die beskaafde ding om te doen, maar dis nie realisties om van die ou te verwag om die rekening te betaal nie; sakgeld kan ook net soveel dek. Bied aan om jou helfte te betaal wanneer julle die rekening kry. Moenie stry as hy dalk daarop aandring om te betaal nie. Maar as hy dit nie kan bekostig nie, sal dit verhinder dat hy jou hoef te vra om jou helfte te betaal. Ouens, as die begroting dit toelaat, bederf jou meisie! Julle kan volgende keer die rekening deel.

Vra jou ouers

As jy ernstig wil raak met ’n ou of meisie, moet jou ouers hulle tog een of ander tyd ontmoet, of hoe? Byt maar vas en kry hul toestemming om uit te gaan. Sê vir hulle daar is iemand met wie jy wil uitgaan, verduidelik waar julle ontmoet het, hoe lank julle mekaar ken en hoekom jy van hom of haar hou. Sê vir jou ouers presies wat julle gaan doen, waarheen julle wil gaan en hoe hulle jou kan bereik. Wys hulle jy is verantwoordelik en probeer hul bekommernisse verstaan – jy kan selfs voorstel hoe laat jy tuis moet wees. As jy volwasse en eerlik met hulle is, is die kanse baie goed dat hulle sal instem!

Tree so op

Jy lyk dalk spiekeries, maar jou gedrag is ewe belangrik. Onthou:

  • Haal asem; jou ou/meisie is waarskynlik net so senuagtig soos jy. As jy angstig begin voel, haal stadig en diep asem om te kalmeer.
  • Ouens, wees ’n ware heer. Dit klink dalk outyds, maar die klein dingetjies sal haar baie beïndruk: Hou die deur oop, trek haar stoel uit, gee haar jou baadjie as sy koud kry.
  • Luister en moenie net voortbabbel oor jouself nie. Niks sal hulle so gou afskrik as iemand wat heeltyd net oor hulself praat nie.
  • Vra vrae. As die gesprek opdroog (en die kanse is goed dat dit een of ander tyd sal), vra hulle oor hul broers en susters, waar hulle grootgeword het en wat hulle ná skool gaan doen. Dit wys jy stel werklik belang om hulle te leer ken.
  • Sit weg jou foon. Dis regtig nie nodig om vir jou vriende boodskappe te stuur nie.
  • Wees eerlik. Dis laf om te jok oor hoeveel drieë jy verlede seisoen gedruk of hoeveel A’s jy verlede kwartaal gekry het. Al is hulle beïndruk, gaan dit nogal ongemaklik wees as hulle jou op jul volgende afspraak daaroor uitvra en jy dit nie meer kan onthou nie!
  • Wees jouself. Dis uitputtend om voor te gee, en jy kan dit nie vir altyd doen nie. Dis in elk geval sexier om gemaklik in jou vel te wees.
  • Moenie jouself dwing nie. As hulle jou erg verveel of iets soos hul manier van kou jou gek maak, moet jy aanvaar dit gaan nie veel beter raak nie. Laat los liewer sonder doekies omdraai; jy hoef hulle mos nie weer te sien as jy nie lus is nie.

Koel dinge om te doen

Fliek en hamburgers is gelukkig nie al opsie nie. Hier’s ’n paar bak idees:

  • Gaan ry i<go-karts> As jy ’n meisie is wat hou van ’n bietjie aksie, is daar niks koelers as om jou slag om die renbaan te wys nie. Maar laat die ou ook maar af en toe wen . . .
  • Pretparke Dis dalk durerig, maar niks laat harte so vinnig klop soos ’n wipwaentjierit nie. En dis ’n verskoning om sommer lekker styf aan mekaar vas te hou!
  • Vlooimarkte Koop ’n lekker toebroodjie, proe tuisgemaakte roomys en kyk of jy kerse kan maak.
  • Gaan ry fiets Klim op jul ysterperde en gaan verken die natuur.
  • Ontbyt Dis mos baie meer ontspanne as aandete – en goedkoper!
  • Arkade Laat die kind in jou uitkom en sit af na die naaste speletjiesarkade. Renmotors, teddiebere en speletjies . . . Klink mos soos groot pret!
  • Inryteater As jy gelukkig genoeg is om nog naby ’n inry te bly, moet jy ’n draai gaan maak. Hulle gaan nie vir altyd met ons wees nie!

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>