Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
In die komende jaar sal jy jou lewe in oorskou neem en jou afvra hoekom jy sekere dinge goedsmoeds aanvaar. Dis hoog tyd dat jy sulke goed uit jou lewe wegruim sodat jy gelukkiger kan wees. Jy kry ook ’n paar gelukkies.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mens sal ’n goeie vriend wees, maar sal geneig wees om onnodige waagkanse met geld of goedere te neem. Hulle het swak sterre vir bespiegeling en ’n neiging om die verkeerde mense te vertrou. Hulle sal teëspoed met veranderinge of reis ervaar.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Die aanduidings vir vandag lyk goed. Daar blyk ’n afhanklikheid te wees van verafgeleë dinge, maar alles sal op die regte tyd gebeur en jy sal kry wat jy wil hê, wat dit ook al is. Geldsake bly ’n probleem.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy kry iets wat jy wou hê. Dis niks groots nie, maar jy sal gelukkig wees met hoe sake verloop. Wees bedag op foute in stories wat mense jou vertel; iemand terg jou dalk en jy wil nie na ’n dwaas lyk nie.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Daar is uiters goeie sterre vir vennootskappe. Gewoonlik sou ek dink dit hou verband met werksake, maar met die seisoen in ag genome vermoed ek jy werk hegter saam met ’n vennoot of maat.
VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Die Kersgees het jou beet. Dit het vanjaar effe laat toegeslaan, maar die afgelope paar dae het die feestelike gevoel jou gepak. Nou wil jy dinge doen wat hierdie gevoel uitdruk.
RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Vandag kry jy te doen met lang afstande, maar terselfdertyd bring dit nog uitgawes mee. Wanneer dit so uitsien, kan jy gewoonlik ’n groot rekening verwag vir iets wat jy beplan het, maar wat handuit geruk het.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Vandag bring jou nader aan iemand. Jy bereik ’n keerpunt in jou verhoudings, ’n punt waar die stadige en bestendige opwaartse neiging tot volmaaktheid begin. Vandag is ’n belangrike dag.
TWEELING (21 Mei-12 Jun.)
Vandag moet jy regtig op jou vennoot steun. Ons weet almal jy geniet dit om twee mense tegelyk te wees, maar daar is ook ander mense om jou, mense wat jou wil help en iets goeds wil skep.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Dit is ’n vreemde tyd van die week en jaar om deur werk oorval te word, maar dit is presies wat gebeur. Die goeie nuus is, jy sal vandag baie opruimwerk doen sodat jy tot ná die vakansie van alles kan vergeet.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Jy dink al weer aan uitbreiding. Jy wil gee en kinders met lekkernye bederf. Dit is ’n lekker ingesteldheid vir nou, maar daar is perke tot die vrygewigheid wat jy kan openbaar voor dit oordrewe begin lyk; wees daarom diskreet.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Jou gedagtes is al weer by jou huis. Jy dink dalk aan wat jy in die vakansie moet doen en vir baie Maagde is vandag die begin van hul Kersvakansie. Doen wat jy wil doen, maar doen dit met die nodige sorg.
WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Dit is ’n dag waarin jy dol besig is en take afhandel. Jy het min tyd vir jouself en minder tyd vir die inkopies wat jy wil doen. ’n Goeie gevolg hiervan is dat daar redelik baie winskopies is.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Daar is meer van die oponthoud en irritasies wat jy oor die afgelope paar weke ervaar het. Dit kan weens verkeer of die een of ander bottelnek wees. Nou moet jy geduld aan die dag lê.