’n Paartjie het mekaar vermoedelik voor hul kinders in Clare, Ierland, doodgesteek, het die koerant Irish Mirror Donderdag berig.
The bodies of Angie and Cornelius Billing are being removed from scene in #Kildysart @IrishMirror pic.twitter.com/SIzwrmI2My
— Cathal McMahon (@Cathal_Mirror) December 18, 2014
Die paartjie, Angie (27) en Cornelius (44) Belling, is vermoedelik van Suid-Afrika en het eers onlangs na die dorpie getrek.
Die Ierse Polisiediens en brandweer was Donderdagaand omstreeks halfagt besig om ’n vuur in ysterwarewinkel te blus toe ’n bebloede vrou uit die huis oor die pad hardloop.
Die ma van twee het ineengestort en steekwonde aan haar bors en nek gehad. Mediese personeel het haar op die toneel dood verklaar.
UPDATE – Postmortems due on Kildysart victims READ: – http://t.co/iHpnmp5O1x pic.twitter.com/j1M0wkAQiu
— The Clare Herald (@theclareherald) December 18, 2014
Polisie het ’n skreeuende kind in die huis gehoor en het die man se lyk in ’n slaapkamer op die boonste verdieping gekry. Hy het ook weens sy wonde beswyk.
Twee kinders, onderskeidelik drie en vyf jaar oud, is later deur polisielede uit die huis geneem. Hulle blyk nie beseer te wees nie.
The scene of tonight’s incident in Kildysart. Photo Pat Flynn http://t.co/uuoDTKQfCl pic.twitter.com/41qZ5F7cJO
— The Clare Herald (@theclareherald) December 17, 2014
Op die oomblik is daar nie ander verdagtes nie, maar die polisie is besig om die saak te ondersoek.
’n Senior bron het gesê dit is waarskynlik is dat die paar mekaar doodgesteek het. “Dit lyk soos ’n gesinsonderonsie wat drasties handuit geruk het.”