Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Robin Williams se seun: Ek sal hom altyd mis

$
0
0

Zak Williams sê hy dink elke liewe dag aan sy oorlede pa, Robin.

Die Mrs. Doubtfire-akteur (63) het op 11 Augustus sy lewe geneem. Nou, vier maande later, praat Zak oor hoe moeilik die verlies is.

“Ons praat elke liewe dag oor ons pa,” het die 31-jarige aan die tydskrif People gesê oor hom en sy halfbroer en -suster, Zelda (25) en Cody (23). “Ek mis hom gedurig. Dikwels sien ek iets wat my laat dink: Hy sou dit waardeer het of dit snaaks gevind het.”

Zak is gebore uit Robin se eerste huwelik, met Valerie Velardi. Zelda en Cody se ma is Robin se tweede vrou, Marsha Garces.

‘Ons praat elke liewe dag oor ons pa.’

Hy kry ook troos daaruit om ander te help, soos sy pa gedoen het. Terwyl Robin siek kinders in hospitale besoek het, doen Zak vrywillige werk in ’n plaaslike tronk.

“Deur ander te help, het ek heling begin ervaar,” het hy gebieg.

Marlo Thomas, wat 18 jaar saam met Robin in die St. Jude-hospitaal gewerk het, het ook oor Robin gepraat en sy spesiale band met die jong pasiënte beskryf.

“Een van hulle het van speelgoedsoldate gehou; toe stuur Robin vir hom sy eie speelgoedsoldate waarmee hy in sy kinderjare gespeel het,” het hy gesê. “Toe hy daar kom, was dit soos toorkuns.”

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>