’n Maatskappy sonder winsbejag in die noordwestelike Amerikaanse stad Seattle wil die eerste word wat ’n menslikekomposdiens verskaf.
Hulle beoog om afgestorwenes se lyke in kunsmis vol voedingstowwe vir blomme, bome en voedsel te maak.
Die Urban Death Project is die geesteskind van Katrina Spade, ’n argitek in Seattle.
Die projek moet eers ’n lisensie bekom om ’n begrafnisonderneming te bestuur, volgens die departement van lisensies in die deelstaat Washington. Die groep sal ook waarskynlik soneringsbeperkings moet oorkom voor hierdie projek van stapel gestuur kan word.
Bron: Times LIVE