Toyota se immergroen Fortuner-sportnuts word weer eens vir die 2014/15-modeljaar hersien met ’n string verbeterings om dié gunsteling-gesinsportnuts se oorheersende posisie in sy marksegment te hanhaaf.
Stileerspesialiste het die Fortuner vir ’n bietjie kosmetiese snykunde geneem. Die herontwerpte voorkant kry nuwe kopligte met swart detail.
Die ander treffende veranderings is die traandruppelvormige verchroomde skuins omhulsels vir die voorste misligte.
Al die buite-truspieëlhulsels het nou chroombedekking pleks van kleurgepaste hulsels. Nuwe stertligte – ook met swart afwerking wat soos dié van die kopligte lyk – rond die veranderings aan die agterkant af.
Die “Epic”-behandeling maak selfs ’n nog sterker ontwerpstelling met deurdagte stilerings- en praktiese verbeterings vir 50 persent (meer as twee maande se produksie) van al die 30 D-4D- en 4,0 V6-weergawes.
Hierdie unieke weergawe kry aan die voorkant ’n verchroomde nerfstamper met unieke “Epic”-kentekens, en van die kant gesien die donkergrys 17”-allooisierwiele wat hom nog meer laat uitstaan. Die “Epic”-modelle kry nog bykomende praktiese toerusting by – ’n trekstang sowel as ’n drumpelskermplaat om laaiwerk van groot goed net so effens makliker en meer moeitevry te maak.
Pryse
Fortuner 3,0 D-4D 4×2 Epic: R461 800
Fortuner 3,0 D-4D 4×2 outo Epic: R474 700
Fortuner 4,0 V6 4×2 outo Epic: R493 100
Fortuner 3,0 D-4D 4×4 Epic: R513 400
Fortuner 3,0 D-4D 4×4 outo Epic: R526 500
Fortuner 4,0 V6 4×4 outo Epic: R544 500