Sterre met Arthur Bowman
VERJAARDAGVERSLAG:
Hierdie jaar bring omstandighede wat net as uniek beskryf kan word. Dit beteken dit sal moeilik wees om uit te werk hoe om hierdie situasies reg te hanteer. Omdat jy onder die teken van die Boogskutter gebore is, sal jy bo uitkom.
BABAS WAT VANDAG GEBORE IS:
Hierdie persoon sal ’n liefde vir en vermoë in die skone kunste hê. Hulle het ’n briljante verstand en verbeelding. Hulle sal goed vaar in die onderwys, veral om klas te gee in die een of ander kunsrigting.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Daar is misleidende sterre om jou. Daar is dus ’n groot behoefte om versigtig te wees in alles wat jy doen. As jy een van die baie Boogskutters is wat eiendom of grond wil koop, moenie vandag iets onderteken nie. Kyk goed en kyk weer.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Wees versigtig wanneer jy iets koop of verkoop, veral wanneer jy koop. Onthou my pa se woorde: Daar is nie iets soos ’n winskopie nie – ’n mens betaal wel die prys daarvoor. As dit te goed lyk om waar te wees, is dit waarskynlik.
WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Iets wat jy graag wil hê, sal gebeur. Dit behels moontlik geldsake. Jy sal goeie nuus kry. Dit kan oor ’n lening, verband of die vergroting van die limiet op jou kredietkaart wees. Daar kom ook ekstra verantwoordelikheid wat met geld te doen het.
VIS (20 Feb.-20 Mar.)
Soms bring die sterre wat jy tans het, ’n hupstoot vir jou aansien en ego. Omdat een van die planete wat hierdie goeie nuus bring, die bedrieglike Neptunus is, kan daar verwarring wees.
RAM (21 Mar.-20 Apr.)
’n Ou koei word uit die sloot gegrawe, maar dit lyk asof hier verwarring is. Wel, kom ons noem dit verwarring. Iemand het die kat aan die stert beet en natuurlik laat die verkeerde feite jou onverstandig en skuldig lyk.
BUL (21 Apr.-20 Mei)
Jy het goeie sterre vir intieme verhoudings, maar op die een of ander manier behels die sterre ’n vriend. Iets is nie hoe dit lyk nie. Dit beteken jy moet luister en seker maak mense het hul storie reg. Help dié reg wat dit nie reg het nie.
TWEELING (21 Mei-21 Jun.)
Dit is ’n goeie dag om saam met ’n vennoot te werk. As jy wel met iemand saamwerk, moet jy voorbereid wees om hulle die eer te laat kry vir wat jy doen. As jy probeer om hulle sover te kry om die eer te deel, kan dit dalk lyk asof jy ’n behoefte daaraan het.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Daar is baie om te doen en jy is, is die aangewese persoon. Dit is hoe die base jou sien. Die goeie nuus is jy sal hulle nie in die steek laat nie. Jy sal die onmoontlike vermag en jou aansien verbeter.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Jy is gretig dat iets moet gebeur. Die geleentheid om dit te laat gebeur, sal vandag kom. Ek sê nie wat dit is wat jy wil laat gebeur nie, maar dit sal jou beter oor die lewe en jouself laat voel.
MAAGD (24 Aug-23 Sep.)
Daar is goeie sterre vir vennootskappe. Dit kan vennootskappe oor werk wees, want dit lyk asof jy ’n verbintenis beëindig sodat jy met iemand anders aan ’n heel ander projek kan werk. Sien jy hoe lonend dit is om veelsydig te wees?
WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)
Jou werksituasie vereis dat jy baie rondbeweeg. Dit is als goed en wel en jy kry dinge gedoen, maar soms moet jy op een plek bly en een taak op ’n slag afhandel. Die aand lyk besonder goed.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Daar is goeie sterre vir geldsake. Met hierdie sterre is daar selfs ’n geringe kans dat jy ietsie kan wen. Jy kan met ’n kaartjie waag. Omdat die sterre hier baie swak is, moet jy nie verwag jy gaan ’n miljoenêr word nie.