Sterre met Arthur Bowman
/div>
VERJAARDAGVERSLAG:
Dit sal waarskynlik vir jou die belangrikste jaar van die dekade of selfs die afgelope paar dekades wees. Jy sal besiger en meer produktief wees. Jy sal met al jou sake ’n nuwe rigting inslaan. Dis voorwaar ’n opwindende jaar.
BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie persoon is avontuurlustig en vol ambisie. Hulle het die talent wat nodig is om sukses te behaal. Wêreldroem is ’n besliste moontlikheid. Hierdie persone het ’n puik verstand en die vermoë om by die meeste situasies aan te pas. Hulle is in baie opsigte pioniers.
BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Dit beloof om ’n waarlik spesiale Saterdag te wees. Dinge sal gebeur en jy sal veranderinge maak wat gelukkiger tye in die volgende paar maande en selfs jare sal bring. Jy sal goed voel en lyk. Daar is baie vreugdes.
STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jy sal baie tyd bestee om ou foute of wanopvattings reg te stel. Dit maak dit ’n belangrike dag vir jou. Dis ’n tyd wanneer jou planne goed afloop. Die lewe kry ’n nuwe, gelukkiger kleur. Dit is ’n spesiale aand.
WATERDRAER (21 Jan. 21- 19 Feb.)
Jy het planne vir vandag en is vasbeslote om daarby te hou. Ongelukkig sal daar probleme wees om te kry wat jy nodig het om lateraal te dink. Vat dinge stadig. Moenie haastig wees nie.
VISSE (20 Feb.-20 Mar.)
Jy wissel tussen hier en verafgeleë plekke. Vir sommige Visse is die rede hiervoor dat jy of op die punt is om weg te gaan of jy bespreek vir ’n reis. Jy dink ook aan naderende gebeurtenisse.
RAM (21 Mar.-20 Apr.)
Jou gedagtes sal dwaal na optrede, soos ’n mens gewoonlik van die Ram kan verwag. Ek dink nie dit sal jou goed doen nie, maar jy het Jupiter, wat geluk bring, in jou hoek van liefde en romanse; dus kan die geluk jou dalk tref.
BUL (21 Apr. 21-20 Mei)
Die huwelik en vennootskappe is hoog op jou prioriteitslys. Vir baie Bulle is die rede hiervoor dat jy na ’n troue of verlowing genooi sal word. Dit sal jou aan die huwelik en intimiteit laat dink.
TWEELING (21 May-21 Jun.)
Die nuwe maan skyn vandag op die kant van jou hoek vir die huwelik en intimiteit. Vir die meeste Tweelinge bring dit herinneringe van vervloë tye en vir ’n paar die vooruitsig van toekomstige geluk. Maar grotendeels bring dit nuus van ’n troue.
KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Daar is vandag baie om te doen en jy moet vroeg daarmee begin, want teen die namiddag sal jy toegegooi wees. Die goeie nuus is: Alles waarmee jy vandag begin het, sal goed uitwerk vir jou ná net ’n paar haakplekkies.
LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Dinge lyk goed. Jy het die regte sterre vir nabyheid in jou intieme verhoudings en dit wat met jou tuiste te doen het. Jy sal iets eindig en met iets beters in die plek daarvan begin. Moenie oorhaastig wees nie.
MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Jy sal jou besig hou om iets af te sluit sodat jy dit met iets nuuts en beters kan vervang. Dit kan ’n huishoudelike toestel wees, want dit lyk asof ’n herverspreiding van arbeid betrokke is.
WEEGSKAAL (24 Sept.-23 Okt.)
Vandag bring baie aktiwiteit. Dit lyk asof jy ’n reeks reise aanpak. Van hulle het jy haarfyn beplan, maar die meeste sal op die nippertjie opduik en onmiddellik jou onverdeelde aandag eis.
SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Dit is ’n besige dag en jy doen baie van die dinge wat jy beplan het om te doen. Die vermoeiendste sterre het betrekking op geld en uitgawes. Jy het vir ’n sekere besteding beplan wat jy beslis tot jou verleentheid sal oorskry.