Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Topvyf- nuusfoto’s vir die week

$
0
0

Tami Normile en Richard Brooks probeer op 20 November in die Lakeview-buurt in Buffalo, New York, sneeu van ’n dak verwyder. ’n Sneeustorm het in minder as 24 uur tot 1,8 m sneeu laat val. ’n Stuk van 160 km van ’n groot hoofweg is gesluit, asook ander deurpaaie in die Buffalo-gebied. Daar is sewe sterftes aangemeld en ’n tweede storm wat na verwagting laat Woensdagaand sal tref, sal oornag sowat 90 cm sneeu laat val.

Meer as 2 000 Suid-Koreane in Seoul berei op 14 November kimtsji om aan behoeftiges te skenk. Kimtsji is ’n tradisionele Koreaanse gereg van gegiste groente en rissie wat met rys of as bykos voorgesit word.

Die leier van die Britse Arbeidersparty, Ed Miliband, wag op 13 November by die ingang van ’n saal voor hy ingaan om ondersteuners toe te spreek. Ed se leierskap is onlangs deur lede van sy eie party gekritiseer.

Die 91-jarige Nel Bolten kry op 15 November in Den Haag, Nederland, ’n tatoe wat lees “Do not reanimate, I am 91+”. Die Nederlandse gesondheidsminister, Edith Schippers, het beslis hierdie tatoe is ’n wettige verklaring dat Nel die keuse het van wanneer om te sterf. Genadedood is ’n netelige kwessie in Nederland omdat dit ’n hoë bevolking bejaardes het.

Op 15 November by die Gaziantep-dieretuin in Gaziantep, Turkye, klou ’n pasgebore bobbejaan aan ’n teddiebeer vas. Dié se ma het hom verwerp en nou versorg Ozsun Yurt Gunes, die hoofdokter by die dieretuin en self ’n ma van twee, die pasgebore apie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>