Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wilderys-plaatkoekies met heuningspek

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 15 min.
Gaarmaak: 30 min.

PLAATKOEKIES
3 x 250 ml (3 k) koekmeel
’n knippie sout
30 ml (2 e) bakpoeier
60 ml (¼ k) suiker
875 ml (3½ k) melk
2 eiers
30 ml (2 e) gesmelte botter
250 ml (1 k) wildebruinrys, gaar
30 ml (2 e) olie
SPEK
250 g strepiespek
30 ml (2 e) heuning

Voorverhit die oond tot 230 °C. Spuit ’n bakplaat met kossproei.

  1. Plaatkoekies Meng die koekmeel, sout, bakpoeier en suiker. Klits die melk, eiers en botter saam. Maak ’n holte in die middel van die droë bestanddele, giet die melkmengsel daarin en klits tot goed gemeng en sonder
  2. klonte.
  3. Meng die rys deur die plaatkoekiemengsel en hou eenkant.
  4. Spek Pak die spek op ’n bakplaat en rooster 5 min. Giet die heuning oor en rooster nog 5-10 min. of tot bros.
  5. Verhit ’n bietjie olie in ’n pan. Skep ’n lepel vol van die plaatkoekiemengsel in die pan. Draai om wanneer bruin aan die een kant en braai tot goudbruin en gaar aan die ander kant. Herhaal met die res van die beslag.
  6. Sit die plaatkoekies voor saam met die spek, ricottakaas, gekapte amandels en ekstra heuning.

Die wilderys kan vervang word met pitmielies of selfs gaar bruinlensies.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>