Dit was omtrent ’n swierige affêre toe die Villa Rosa-aktrise ELSJE TIELEMAN onlangs met universiteitsliefde MARCO SLABBERT die knoop deurgehak het.
Die blondekop wat die rol van Carina Rautenbach in die sepie speel het geskitter in ’n wit Pronovias-rok. Die troue is by Avianto on Muldersdrift gehou en het baie aardse kleure bevat.
In die uitgawe van 20 November 2014 wys ons foto’s van die groot dag, maar hier is nog ’n foto’s uit Elsje se trou-album.
Foto’s: Martin de Kock