Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 15 November 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:Jou wêreldse aansien sal verbeter en jy sal rede hê om geesdriftig oor die toekoms te wees. Daar is ’n kans op oorwinnings van die een of ander aard; koop dus gereeld ’n kaartjie. Dis ’n keerpunt.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mens het ’n goeie verbeelding en ’n waardering vir alle skoonheid. Dit is ’n gelukkige mens wat altyd op hul voete land. Hulle is eerlik, regverdig, vrygewig en vriendelik. Hulle sal baie vriende hê.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Jou sterre lyk vandag taamlik goed; jy behoort dus die meerderheid van die dag in ’n goeie bui te wees. Die goeie nuus is, iets wat jy voor gehoop het, gebeur eindelik vir jou. Dit is iets belangriks.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Dit is ’n goeie tyd om in aanraking te kom met mense van vergeleë plekke. Jy sal inligting kry oor van jou planne. Een ding waaroor jy vandag sal dink, is reis, veral oor lang afstande.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Jou gedeelde geldsake lyk nou goed, maar dit beteken nie jy kan links en regs begin bestee nie. Daar sal wel ’n paar aanloklike maar duur items wees en julle sal albei dink dit kan jul lewe makliker maak.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Vandag word die welwillende Jupiter in jou hoek vir die huwelik en intieme verhoudings geaktiveer. Dit is lieflik, want dit bring net die toestande vir dit wat jy in gedagte gehad het. Dis ’n gelukkige dag.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Vandag bring baie werk mee, maar dis werk wat jy geniet en werk wat spesiale en voortgesette voordele bied. Ongelukkig sal jy dalk iemand moet ontstel; jy doen nie wat hulle vra nie, maar ten minste kry jy wat jy wil hê.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Die gelukkige Jupiter is in jou hoek vir liefde en romanse; dit bring gelukkige tye mee. Boonop bring Jupiter later ook goeie toestande; dus is dit nou die tyd om dit te doen wat jy belangrik ag.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Daar is goeie sterre vir ’n paar goed. Een daarvan is om ’n deel van jou lewe tot ’n end te bring sodat jy iets beters kan begin; die ander hou verband met eiendom. Gaan kyk maar na ’n paar woonplekke.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)
Daar is goeie sterre vir mense ontmoet, maar dit is meestal familielede of bure; daar sal dus nie veel in jou liefdeslewe gebeur nie. Maar dit beteken nie jy kan nie iets laat gebeur nie.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Daar is goeie sterre vir geld en persoonlike besittings. Hierdie sterre sal jou iets spesiaals in die sak bring, iets wat jy lankal wou hê. Daar is ook baie goeie sterre vir persoonlike verhoudings. Wees vriendelik.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Jupiter is in jou teken aktief en dit sal ’n bietjie geluk bring. Dit sal dalk in oorwinnings verander, maar dit het gewoonlik Uranus se hulp nodig; tog sal dit nie gebeur nie. Dalk wen jy iemand hart.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Iets wat jy ’n ruk gelede gedoen het, sal weer opgehaal word. Ons verwag gebeure uit die verlede moet weer opduik en moeilikheid veroorsaak, maar nie hierdie een nie; dié keer sal iemand vriendelik wees met jou oor ’n daad in die verlede.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Jy het goeie sterre vir tyd saam met vriende en kennisse deurbring. Aangesien dit die naweek is, sou ek vermoed daar is ’n partytjie of ’n soort samekoms waar jy kan omgaan met mense van wie jy hou. Dis ’n lekker dag.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>