Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Ceaser-pastaslaai

$
0
0

Hou die slaai in die yskas, want rou eiergeel bederf baie maklik.

Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute
Genoeg vir 4-6 mense

SLAAISOUS
2 eiergele
sowat 5-8 (20 ml) ansjovisfilette
125 ml (½ k) olyfolie
sowat 20 ml (4 t) vars suurlemoensap
sout en vars gemaalde swartpeper
’n knippie mosterdpoeier
1 klein ui, baie fyn gekap (opsioneel)
SLAAI
4 ontbeende hoenderborsies
sout en vars gemaalde swartpeper
sap en gerasperde skil van ’n klein suurlemoen
250 g spekvleis, gaargemaak en in stukke gesny
100 g spinasieblare, gesnipper
50 g pecorinokaas, gerasper
250 g pasta, gekook tot al dente

  1. SLAAISOUS Plaas al die bestanddele vir die slaaisous in ’n voedselverwerker en pols tot verdik. Indien jy nie ’n voedselverwerker het nie, gebruik ’n stokmenger.
  2. SLAAI Geur die hoenderborsies met die sout, peper, suurlemoensap en -skil en stoom ’n paar minute tot gaar. Laat die hoender afkoel en sny in dun skywe.
  3. Meng die hoenderrepe, spek, spinasieblare, kaas en pasta en hou in die yskas of eet dit as ’n “uitpakslaai” – skep eers die pasta op die bord, gevolg deur die spinasie, hoender en kaas.
  4. Giet die sous oor na smaak. Dis belangrik om nie al die sous op een slag by te gooi nie, want dit het ’n baie sterk smaak wat die hele slaai sal oorheers.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>