Ford het pas die eerste foto’s uitgereik van sy nuwe Everest, wat die Toyota Fortuner en Chevrolet Trailblazer gaan aanvat. En die goeie nuus is, dit sal volgende jaar in Suid-Afrika te koop aangebied word.
Die nuwe Everest het sewe sitplekke en sal as ’n 4×4- of ’n agterwielaangedrewe weergawe beskikbaar wees.
Ford het min inligting oor die nuweling bekendgemaak, maar die Everest sal met petrol- en dieselenjins beskikbaar wees, asook ’n keuse tussen handrat- en outomatiese modelle.