Genoeg vir 4 groot porsies
of 8 kleiner porsies
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: sowat 5 minute
Stoltyd: sowat 20 minute
PANNA COTTA
15 ml (1 e) gelatien
45 ml (3 e) koue water
250 ml (1 k) room
250 ml (1 k) roomkaas
180 ml (¾ k) suiker
80 ml (¹⁄ ³melk
1 vanieljepeul, oopgesny
BESSIESOUS
70 g bevrore bessies (bloubessies, swartbessies of aarbeie of ’n mengsel)
30 ml (2 e) strooisuiker
1 stuk heel kaneel
1 rooibosteesakkie
kruisementblare vir versiering
- PANNA COTTA Sprinkel die gelatien oor die koue water en Panna cotta-koppies met bessiesous en laat ’n paar minute staan tot die gelatien sponserig word.
- Verhit die room, roomkaas, suiker, melk en vanieljepeul in ’n kastrol en roer tot die suiker opgelos is.
- Plaas die gelatien ’n paar sekondes in die mikrogolfoond tot dit verhelder.
- Verwyder die vanieljepeul uit die roommengsel en roer die gelatien daarby.
- Giet in klein koppies en plaas in die yskas om te stol.
- BESSIESOUS Verhit intussen al die bestanddele vir die bessiesous saam en laat goed kook.
- Verwyder die teesakkie en druk die bessies fyn of pols fyn in die voedselverwerker.
- Giet die bessiesous oor die panna cotta-koppies en versier die nagereg met kruisementblare. Sit voor saam met koffie.