Het jy al gehoor van Candida? Dis ’n soort gis wat teer op verwerkte en verfynde kosse wat suiker, suiwel, koring en preserveermiddels bevat. Dis die algemeenste oorsaak van fungusinfeksies.
↧
Het jy al gehoor van Candida? Dis ’n soort gis wat teer op verwerkte en verfynde kosse wat suiker, suiwel, koring en preserveermiddels bevat. Dis die algemeenste oorsaak van fungusinfeksies.
Wanneer Candida oorneem, kan dit deur jou dermwand dring en in jou bloedstroom beland. So beland daar gifstowwe in jou liggaam en sit jy dalk opgeskeep met lekkende ingewande. Candida kan om verskeie redes handuit ruk: ’n dieet vol suiker en verfynde koolhidrate, baie alkohol, mondelingse voorbehoedmiddels, ’n stresvolle leefstyl of ’n kursus antibiotika, wat dan te veel vriendelike bakterieë saam met die siekte doodmaak.
Hier is die simptome waarna jy moet uitkyk en wenke oor hoe om dit baas te raak:
Die hoofaanduidings van Candida is onder meer as jy al meer as een keer sproei gehad het, allergies vir baie kosse is, voet- of fungusinfeksies van die naels of vel het, dikwels terneergedruk, moeg en lusteloos voel of ’n swak geheue het.
Daar is ook geringe simptome wat ewe belangrik is, soos onder meer ’n gebrek aan koördinasie, buierigheid, uitslag, voortdurende lomerigheid of ’n slegte asem.
Daar is verskillende toetse vir Candida; vra jou dokter. ’n Bloedtoets toon die vlakke van die Candida-teenliggaampies IgG, IgA, en IgM. As dit hoog is, dui dit op ’n oormaat Candida. ’n Stoelgangtoets word vir dikdermontsteking gedoen. En die urinetoets Organix Dysbiosis meet D-Arabinitol, ’n afvalproduk van Candida.
Fnuik Candida deur ’n lae-koolhidraat-dieet te volg. Suiker voed gis en laat dit groei. Jy kan suiker selfs heeltemal uitsny om die gis vinniger te laat opklaar. Jy kan steeds aan pasta en rys weglê, maar net kleiner porsies.
Kruie kan ook bakterieë help doodmaak, maar moenie oorboord gaan nie. Jy het steeds goeie bakterieë nodig om jou te help herstel. Dit sal ook help as jy gereeld probiotiese middels inneem en kosse eet wat ontsteking teenwerk.
© Cover Media