Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Die akteur Ramey Short was gisteraand in ’n ongeluk betrokke

$
0
0

Die akteur Ramey Short (33) was gisteraand in ’n motorongeluk betrokke. Hy is gelukkig nie beseer nie.

ramey-ongeluk

Hy het die nuus vanoggend op Facebook gebreek: “Môre almal. Aan dié wat al gevra het, ek is oukei. Baie dankie vir die boodskappe; ek weet net nie hoe die nuus so vinnig versprei nie.

“Ek was gisteraand op pad huis toe in ’n ongeluk betrokke. Die polisie het ’n trop perde (in die teenoorgestelde rigting) uit die pad probeer kry en dit was baie donker toe die perde van my regterkant af voor my motor inhardloop; ek het drie perde doodgery.

‘Die lewe is kort; maak reg wat verkeerd is.’

“Dit kon baie erger wees, maar gelukkig is die perde bo-oor my motor en nie deur die voorruit nie. Die polisie het alles gesien, en ek moet sê Paarl se polisie was regtig goed – baie dankie vir alles en vir die genade van die Man van Bo. Ek het gelukkig niks oorgekom nie. Lekker dag aan almal!

“Die lewe is kort; maak reg wat verkeerd is en laat weet jou geliefdes en vriende jy is lief vir hulle.”

Hy het ook die foto van sy beskadigde motor by die inskrywing geplaas. Ramey was onlangs in die nuus toe dit aan die lug kom dat sy Binnelanders-karakter, dr. Quinton Meyer, uit die kykNET-sepie geskryf is.

- Suzanne Venter


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>