Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kannibaal-moordenaar gevang terwyl hy meisie se oë uitgrawe en haar gesig eet

$
0
0

’n Vrou is in ’n “kannibalistiese daad” vermoor en haar vermeende aanvaller is dood nadat die polisie ’n skoktoestel op hom gebruik het, het die BBC Donderdag berig.


Die polisie sê hulle ondersoek ’n moordsaak ná die dood van ’n 22-jarige vrou by die Sirhowy Arms-hotel in die dorpie Argoed in die suide van Wallis.

Die BBC het berig sy is tydens “’n kannibalistiese daad vermoor” en dat sy in ’n verhouding met die 34-jarige verdagte was. Beamptes is in die vroeë oggendure ontbied na die hotel, wat ook dien as tehuis vir haweloses.

“Die 22-jarige vrou van Blackwood is gevind met beserings en op die toneel dood verklaar,” het die polisie in Gwent in ’n verklaring gesê.  “’n Skoktoestel is gebruik en die man is in hegtenis geneem, waarna hy ophou reageer het.”

Daar is noodhulp op die man toegepas, maar hy is later dood verklaar. Die polisie sê hy was ’n plaaslike inwoner.

Volgens Daily Mail het die 34-jarige man glo geboë bo-oor die 22-jarige meisie se liggaam gestaan en haar gesig “soos Hannibal Lecter” geëet – terwyl sy nog geleef het!

Leon Gardiner, ’n plaaslike raadslid, het gesê die mense van Argoed is geskok. “Dit het die gemeenskap vir ’n ses geslaan. Ek woon al meer as 30 jaar hier en dit is die ergste tragedie wat die dorpie getref het.”

Sirhowy Arms was eens ’n gewilde kroeg, maar is in ’n tehuis omskep wat die raad gebruik het om tydelike verblyf aan haweloses te verskaf.  Sommige dorpenaars sê daar was al vantevore moeilikheid by die tehuis, berig die BBC.

Die dood van ’n verdagte nadat ’n skoktoestel op hom gebruik is, is iets ongewoons in Brittanje.

’n Woordvoerder van die vereniging van polisiebeamptes (Acpo) het gesê tot nou was daar geen sterftes in die Verenigde Koninkryk aangeteken weens die gebruik van skoktoestelle nie.

“Daar was sterfgevalle waar skoktoestelle gebruik is, maar nadoodse ondersoeke het dan bevind dat die mense weens ander beserings of oorsake gesterf het,” het Acpo op hul webtuiste gesê.

Die Britse polisie het in 2004 skoktoestelle begin gebruik en ál meer spesiaal opgeleide beamptes gebruik dit, sê Acpo. Die saak is na die onafhanklike klagtekommissie verwys wat klagtes teen die polisie hanteer.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>