Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kyk die skrikwekkende oomblik toe vliegtuig landing moet laat vaar

$
0
0

Dié ongelooflike video wys die oomblik toe ’n EasyJet-vliegtuig in sterk winde probeer land.

Die skrikwekkende video wys hoe die vliegtuig by die Schiphol-lughawe in Amsterdam probeer neerstryk.

Soos die vliegtuig nader aan die grond kom, blyk dit in sterk winde vasgevang te word – wat veroorsaak dat die vliegtuig begin rondbeweeg.

Die regterwiel raak ’n oomblik aan die grond voor die vliegtuig weer begin styg.

Dan probeer die vliegtuig weer land – dié keer sonder probleme.

“As ’n voorsorgmaatreël en in lyn met ons prosedures is ons vlieëniers goed opgelei om landings te staak en weer te probeer.

“Die bemanning en passasiers se veiligheid is die lugredery se grootste prioriteit,” het EasyJet in ’n verklaring gesê.

Enigeen wat bang is vir vlieg, moet maar nou wegkyk:


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>