Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Moenie van jouself vergeet wanneer jy na ander luister nie

$
0
0

Vir baie mense is hulself hul gunsteling-onderwerp. Of dit nou bewustelik is of nie, gesprekke tussen vriende kan baie eensydig wees as die een die luisteraar is en die ander een die prater.

As jy die passiewe rol aanneem, waardeer jou vriende jou waarskynlik baie. Maar is dit regtig die beste vir jou?

Oorweeg die oorsaak

Voor jy te betrokke raak, vra altyd eers ’n buitestander se siening van die situasie. Dit is maklik om in die rol van luisteraar te verval, maar dit kan beteken jy bestee later meer tyd op die foon of om die skouer te wees waarop almal huil as enigiets anders. Beoordeel die persoon wat raad vra en wat die probleem is. As dit ’n beste vriendin is wat altyd daar is vir jou, moet jy natuurlik vir hulle ook ’n steunpilaar wees. As dit ’n vriend is wat net kom aanklop wanneer hulle iets nodig het, moet jy terugstaan. Tensy dit ’n baie ernstige saak is, hoef jy nie altyd verplig te voel om te help nie. Jy kan die dramavrate vinnig uitsif – hulle geniet niks meer as om ná ’n lang dag by die werk te kla nie. Om teësinnig na hul probleme te luister, kan jou gebelgd laat voel en vriendskappe laat skipbreuk ly. Wees dus wys wanneer jy jou tyd aan ander afstaan.

Moenie emosies aanneem nie

As jy gedurig luister hoe mense kla, huil of stoom afblaas, is dit moeilik om nie die pyn te deel nie. En terwyl empatie ’n baie waardevolle kenmerk in ’n verhouding is, moet jy oppas dat jy nie te betrokke raak nie. Maak jou soveel moontlik van die situasie los en onthou dit is nie jou probleem om op te los nie. Jy het genoeg sorge in jou eie lewe om wakker te lê om jou oor ander s’n te bekommer. Moenie vriende se oproepe aanvaar net voor jy gaan slaap nie. As ’n laataand-oproep onvermydelik is, ontspan met meditasie, lees of asemhalingsoefeninge voor jy probeer slaap.

Moenie te mildelik raad uitdeel nie 

Om na iemand te luister, is nie dieselfde as om die rol van troostante aan te neem nie. Dit is gewoonlik moeilik om onpartydige raad te gee. Al voel dit dalk vir jou jy het begrip vir die situasie, ken jy net die een kant van die storie. Dit kan probleme veroorsaak as jy te veel raad uitdeel. Jou vriendin volg dit dalk en dit misluk hulle, of hulle ignoreer jou raad en jy neem dit persoonlik op. Wees liewer net daar; dit is die nuttigste ding wat jy kan doen.

Maak bewustelik tyd vir jouself

As jy baie tyd aan ander mense bestee, kan jy maklik van jou eie welstand vergeet. Neem ’n bewuste besluit om elke af en toe nee te sê en tyd te maak vir dit waarvan jy hou en wat jou gelukkig maak. Oefening, ’n lang wandeling of lees – wat jy ook al die meeste geniet.

Leer hulp vra

Tensy jy ongelooflik gelukkig is, is jou lewe waarskynlik onvolmaak. Jy beleef waarskynlik ook goed wat jou hartseer, kwaad of onseker maak. As jy regtig nie daarvan hou om oor jou probleme te praat nie, kan jy ander maniere vind om dit te verwerk. Begin dagboek hou of teken op ’n aanlyn forum aan waar jy anoniem kan wees. Maar doen iets om jou eie probleme aan te pak.

© Cover Media


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>