GENOEG VIR 4 MENSE
Bereiding: 7 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute
SLAAISOUS
15 ml (1 e) heelkorrelmosterd
15 ml (1 e) wynasyn
1 knoffelhuisie, gekneus
50 g bloukaas, gekrummel
45 ml (3 e) olyfolie
sout en swartpeper na smaak
SLAAI
250 g spekvleis, in stukkies gesny
150 g jongspinasieblare, gewas
3-4 hardgekookte eiers, in skywe of wiggies gesny
100 g bloukaas, grof gekrummel
- SLAAISOUS Klits al die bestanddele saam tot romerig.
- SLAAI Braai die spekvleis in ’n droë pan tot bros en gaar. Dreineer.
- Pak die spinasie op ’n slaaibord en rangskik die spekvleis en eier bo-op.
- Sprinkel die kaas bo-oor.
- Giet die slaaisous oor en sit voor.
WENK
Jy kan die slaai ook met ’n warm sousie voorsit: Giet van die vet waarin die spek gebraai het in ’n kastrolletjie, klop die wynasyn en mosterd saam met ’n bietjie suiker by en geur met sout en peper. Giet warm oor die slaai.