Die naweek is propvol TV-vermaak vir ieder en elk.
Vrydag
Rocky V
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:30
Die bokskampioen Rocky is platsak en laat hom ompraat om teen sy protégé te boks. Al probleem is, hy is ’n ou bul en sy teenstander is ’n jong kêrel met ’n punt om te bewys en ’n vuishou soos min.
Dead Man Down
M-Net (DStv-kanaal 101) 21:30
Wyle Leslie Nielsen was die koning van lawwe komedie; dit is een van sy beste pogings. Hy speel ’n man wat verkeerdelik aangekla word van ’n misdaad en spoor dan die een getuie van die misdaad op – ’n man met een arm, een been en een oog.
City of Men
SABC1 (DStv-kanaal 191) 22:00
Twee vriende in ’n Brasiliaanse krotbuurt vind ooreenkomste; hulle het albei swak lewensomstandighede en hul albei se pa het geheimsinnig verdwyn.
Saterdag
Free Willy: Escape from Pirate’s Cove
SABC2 (DStv-kanaal 192) 16:00
Steve Irwin se dogter, Bindi, is nou mooi groot – en sy speel ’n meisie wat bevriend raak met ’n moordwalvis wat in ’n inhampie vasgekeer word. Sy maak dit haar doelwit om die walvis met sy groep te herenig.
Cloudy with a Chance of Meatballs
e.tv (DStv-kanaal 194) 19:30
’n Jong uitvinder se jongste skepping loop skeef en verander water in kos. Wat gebeur dan wanneer dit reën? Burgers, slaptjips en ander lekkernye val uit die lug! Perfek vir die kleinspan.
K-Pax
SABC3 (DStv-kanaal 193) 20:00
Kevin Spacey speel ’n psigiatriese pasiënt wat sy dokters en almal om hom probeer oortuig hy is eintlik ’n ruimtewese. En aangesien hy ’n paar vreemde dinge doen – soos om ’n piesang met skil en al te eet – sal dit ons min verbaas.
Sondag
The Adjustment Bureau
SABC1 (DStv-kanaal 191) 20:00
Net in die flieks sal ’n politikus en ’n ballerina verlief raak en dan uitmekaargehou word deur magte buite hul beheer. En met Matt Damon en Emily Blunt in die hoofrolle is daar verseker taamlik baie drama.
GoldenEye
e.tv (DStv-kanaal 194) 20:00
James Bond kom te staan teen een van sy oudste vriende wat Londen as deel van ’n terreuraanval probeer opblaas. Dit is Pierce Brosnan op sy beste, en Sean Bean sterf, soos gewoonlik.
Anchorman 2: The Legend Continues
M-Net (DStv-kanaal 101) 20:05
Die nuusleser Ron Burgundy is terug op die kassie – maar hy verspil sy enkele kans op roem, ’n gesin en alles tussenin. Ten minste kan sy troetelhaai hom geselskap hou.