Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Diepsee

$
0
0

Een van die mooiste romans in Afrikaans is vir my Toring se Baai deur E. Kotze.

DiepseeUntitled

 

Dié storie, wat in ’n vissersdorpie aan die Weskus afspeel, wil ek elke paar jaar herlees, dus sal dit nie een van die boeke word wat ek gereeld weggee om plek te maak op my rakke nie.

Ek het E. Kotze egter jare gelede al leer ken as kortverhaalskrywer in tydskrifte. Die Weskus en sy mense bevolk baie van haar stories.

Sy is self in Doringbaai gebore en het later lank saam met haar skipperman, Willie, aan hierdie kus gewoon. ’n Keur van haar kortverhale uit die bundels Halfkrone vir die Nagmaal, Silt van die Aarde, Halwe Hemel, Waterwyfie en Ander Woestynverhale en Die Wind Staan Oos is nou bymekaargemaak  in Diepsee.

Ouer lesers sal die stories vanweë die  nostalgie geniet; jonger lesers kan hulle deur ’n meesterstorieverteller laat meevoer.

* Deur E. Kotze. Tafelberg-uitgewers. R185*.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>