Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Kaaskoek-kolwyntjies

$
0
0

LEWER 18 KOLWYNTJIES
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 25 minute

BESLAG
200 g bruismeel
250 ml (1 k) strooisuiker
140 ml kakao
15 ml (1 e) bakpoeier
200 ml karringmelk
45 ml (3 e) Frangelicolikeur
60 ml (¼ k) olie
50 g botter
2 ekstragroot eiers
100 g sjokoladeskyfies of -brokkies
200 g geroomde maaskaas
50 g haselneute, gekap
Versiersel
160 ml (²⁄³ k) sjokoladesmeer (Nutella)
80 ml (¹⁄³ k) haselneute, gekap (opsioneel)

Voorverhit die oond tot 190 °C. Plaas papierbakkies in die holtes van diep muffinpannetjies en bespuit met
kossproei.

  1. BESLAG Sif die meel, ²⁄³ van die suiker, kakao en bakpoeier saam in ’n groot bak.
  2. Klits die karringmelk, likeur, olie, botter en 1 eier saam in ’n ander bak.
  3. Vou die droë bestanddele hierby in.
  4. Roer die sjokoladestukkies by en skep in die voorbereide papierbakkies.
  5. Meng die maaskaas, orige suiker en orige eier saam tot goed gemeng. Voeg die haselneute by en skep oor die sjokoladebeslag in die muffinpannetjies. Marmer liggies deur.
  6. Bak 20-25 minute of tot ’n toetspen skoon uit die middel van die muffins kom.
  7. Laat op ’n draadrakkie afkoel.
  8. VERSIERSEL Smeer elke kolwyntjie met die sjokoladesmeer en sprinkel die haselneute oor indien verkies.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>