Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Maaskaas-soufflé

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 minute
Gaarmaaktyd: 20 minute

60 g margarien
½ ui, fyn gekap
45 ml (3 e) koekmeel
190 ml melk
250 g (250 ml) gladde maaskaas
5-8 pikantrissies, grof gekap
4 eiers, geskei
1 (¼ t) ml sout
vars gemaalde swartpeper na smaak

Voorverhit die oond tot 220 °C.

  1. Smelt die margarien in ’n kastrol en soteer die ui tot sag.
  2. Roer die meel by en voeg dan die melk geleidelik by terwyl gedurig geroer word. Laat prut tot die mengsel glad en dik is; roer af en toe.
  3. Verwyder van die hitte en voeg die maaskaas, pikantrissies en eiergele by en geur met sout en peper. Meng goed.
  4. Klits die eierwitte tot sagte punte begin vorm en vou dit dan by die maaskaasmengsel in.
  5. Giet dit in ’n ongesmeerde soufflébak of 4 individuele ramekins. Bak 20 minute of tot uitgepof en gaar.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>