Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

TV-gids Dinsdag 28 Oktober 2014

$
0
0

Dit is vanaand op die kassie:

17:00 The Ellen DeGeneres Show (M-Net): Ellen is weer op haar beste! Die komediant gesels met bekendes, gewone mense met buitengewone stories en voer ’n paar danspassies uit.

17:30 Kry Daai Lyf (kykNET): Skopboks-oefeninge op Bloubergstrand is ’n prettige manier om baie vet te verbrand en fiks te word.

18:30 Villa Rosa (kykNET): Fran koester Sussie in haar uur van nood. Vicky wonder of Lindie weer haar kloue in Marius wil slaan, terwyl sy en Stef albei bekommerd is oor Marco se bedoelings met Sussie. Eben veg hand en tand vir Carina, wat ’n onaangename verrassing vir Marius het. Paul ontdek meer oor Marco, terwyl Isabel amper deur Lindie se kwaadstokery sien. Eben verras Sussie, maar vir Marco wag daar ’n skok.

18:30 America’s Got Talent (M-Net): Kyk hoe Heidi Klum, Howard Stern, Mel B en Howie Mandel nuwe talent ontdek.

18:30 7de Laan (SABC2): Emma bieg teenoor Charmaine, terwyl Maria belowe om na haar te kyk. Pulane geniet dit om ’n klant by Oppikoffie te wees. Bonita is bekommerd oor haar man.

19:30 Binnelanders (kykNET): Pille en ’n kredietkaart beteken nog meer probleme vir ’n dokter, en die vonke spat tussen Daleen en Tertius. Adler maak ’n werksaanbod aan ’n dokter, terwyl Morné sy mes in het vir ’n paar dokters.

20:00 Die Nataniël Tafel (kykNET): Sonder idees is daar geen opwinding in ons daaglikse lewe nie. En al is daar mense wat dink hulle het al alles gesien, is daar steeds ander wat met ongelooflike idees vorendag kom. In hierdie episode kyk Nataniël na idees met alledaagse groente en lamsvleis. Sy gaste, van die tydskrif Idees, wys maklike en ongewone geregte en dek ’n beeldskone tafel!

20:00 Just Shoot Me (e.tv): Maya plaas druk op Elliott dat hy sy man staan teen Jack.

20:00 2 Broke Girls (SABC3): ’n Koffiekroeg weier om Max se kolwyntjies te verkoop omdat dit nie mooi genoeg is nie. Sy en Caroline woon dan ’n kolwyntjie-slypskool by.

20:30 Vallei Van Sluiers (kykNET): Die verhoudings tussen Monique en Jacques, Con en Emma, Willem en Lina, en selfs tussen Ta’Ef en oom Boykie, maak onverwagse, soms verrassende draaie en esse. En JP en Charmaine berei hulle voor vir ’n groot verandering in hul lewe.

20:30 Tongue in Cheek (SABC3): Die modekenners Carolyn Steyn, Michael de Pinna, Anele Mdoda en Sashi Nadoo vertel ons weekliks wat die nuutste modeneigings is.

21:30 Winslyn (kykNET): Santie gesels met Chris van der Merwe van Curro. Jannie Rossouw en Pat Pillai besoek ook die ateljee.

22:30 Bates Motel (M-Net): Norman kan nie oor mej. Watson se dood kom nie en vorm ’n obsessie.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>