Hy gee die beste liefdesraad.
“Soms is twee mense net nie vir mekaar bedoel nie. En baie mense probeer om dit te forseer en dan dink jy: ‘Wel, ek gaan al twee jaar met hom uit,’ maar jy besef nie jy kan die verhouding beëindig nie. Ons almal het die krag om aan te gaan en ons harte weer heel te maak.”
Hy sien sy kollegas as familie.
“Ek is bevrees dis ’n groot cliché, maar ons is regtig soos ’n familie. Ons is almal ver van die huis af en ons het net ’n fantastiese tyd saam.”
Hy hou nie van roomys nie.
“Ugh, ek verkies gevriesde jogurt; ek hou net meer van die smaak! Ek is mal oor pistachiojogurt.”
Instagram is sy gunsteling-app.
“Ek dink na oor die foto’s wat ek op Instagram plaas en wil dit interessanter maak. Dis nie net die hele tyd foto’s van myself nie. Ek dink dis ’n kreatiewer manier om myself uit te druk.”
Hy het eenkeer sy hare aan die brand gesteek om ’n meisie te beïndruk.
“Ek het dreadlocks gehad en my hare aan die brand gesteek om ’n meisie in my klas te laat lag. Ek wou net die meisies laat lag, dit was soort van my ding.” Senutergend, maar steeds oulik, as jy ons vra!