Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

F1-bestuurder se pa vertel van foltering ná ongeluk

$
0
0

Die beseerde Formule 1-renjaer Jules Bianchi se pa het hoe swaar die familie kry terwyl hulle langs Jules se bed waak in die hoop dat hy “die grootste kwalifiseringsronde van sy lewe sal wen”.


Die Marussia-bestuurder is in ’n “stabiele maar kritieke” toestand by ’n hospitaal in Japan ná sy ongeluk by die Suzuka-renbaan nege dae gelede. Terwyl huldeblyke van die sportwêreld vir Jules (25) instroom, wag sy ouers, Philippe en Christine, angstig by sy bed en bid vir die geringste teken van lewe.

‘Ons gesinslewe is binne die bestek van ’n week vernietig.’

“Daar is tye dat ek na Jules kyk wat sonder ’n skrapie daar in die bed lê en ek hom op die wang soen en sê: ‘Kom, staan op. Hoekom lê jy daar?’ ” het Philippe Dinsdag aan die koerant La Gazzetta dello Sport gesê. “Ons gesinslewe is binne die bestek van ’n week vernietig. Dis ’n nagmerrie. Al wat ons kan doen, is wag en hoop.”

Philippe, wat ’n bekende Franse knortjorklub op Brignoles bestuur, sê hy het sy “lewe lank motorresies gejaag”, maar bygevoeg: “Hoe kan ek dink aan teruggaan renbaan toe?”

Jules is geopereer vir ernstige kopbeserings en bly in intensiewe sorg. Die tragedie herinner aan wat minder as ’n jaar gelede met die sport se suksesvolste hedendaagse ikoon, Michael Schumacher (45), gebeur het. Michael is besig om “stadig te ontwaak” uit ’n mediese koma nadat hy verlede Desember tydens ’n ski-ongeluk ernstige kopbeserings opgedoen het.

Philppe sê hy verstaan nou wat die Schumacher-gesin deurmaak.

“Ek het heeltyd gewonder: ‘Hoekom vertel hulle ons nie meer oor hoe dit met hom gaan nie?’ Maar ek verstaan nou. Almal vra my heeltyd hoe dit met Jules gaan, maar ek kan hulle nie antwoord nie; daar is nie ’n antwoord nie. Dis baie ernstig, maar hy is stabiel. Ons is desperaat. Elke keer dat die foon lui, weet ons dit kan die hospitaal wees wat laat weet dat Jules dood is.”

Toestande by Suzuka, waar Jules in uiterste weerstoestande beheer oor sy motor verloor en teen ’n hoë spoed teen ’n herwinningsvoertuig gebots het, word nou gekritiseer.

Die viermalige wêreldkampioen Alain Prost (59) het gesê:  “Dis karre en bane is verbeter, en daar was net een ding oor: Dit was hierdie trok op die baan. Ek is woedend. Die ongeluk het my geskok.”

Philippe weier om oor die wedren te praat omdat hy bang is hy sal “van sy trollie af raak”, sê hy.

“Dis nie die regte tyd daarvoor nie. Ek het nie die video gesien nie en ek wil dit nie sien nie. Ek sal van my kop af gaan. Ons moet ons energievlakke hoog hou vir Jules, sodat hy kan voel ons is hier en dat ons hom huis toe wil neem.”

Philippe word bemoedig deur die bestuurders, spanne en aanhangers – ook diegene in die motorfietskringe – wat aan hulle geskryf het of gebel het om hul ondersteuning te toon.

‘Niemand het nog ooit so ’n ernstige ongeluk oorleef nie.’

“Ek het nog nooit so iets ervaar nie. Dit het ons ontroer. Ek wil al die mense bedank wat ons gekontak het. (Jean-Éric) Vergne, (Fernando) Alonso en (Felipe) Massa het almal vir ons mooi boodskappe gestuur,” sê hy.

“Lewis Hamilton het vir ons ’n mooi boodskap per e-pos gestuur waarin hy sê as daar enigiets is wat hy vir ons kan doen, sal hy. Ons is seker Jules kan al hierdie liefde en positiewe energie aanvoel. Die dokters het reeds gesê dis ’n wonderwerk… niemand het nog ooit so ’n ernstige ongeluk oorleef nie. Maar Jules gaan nie tou opgooi nie. Hy is sterk. Hy sal die grootste kwalifiseringsronde van sy lewe wen.”

- Justin Davis/Sapa


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>