Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Jou sterre vir 7 Oktober 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:
Dit is ’n produktiewe jaar, maar jy sal heel diskreet moet wees. Daar is ’n moontlikheid van gesondheidsprobleempies, maar dit kan met ’n verstandige dieet en gereelde oefening teengewerk word.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hulle is harde werkers, mense wat doelwitte stel en nie ophou tot daardie doelwitte bereik is nie. Hulle sal by omtrent almal gewild wees, veral by ouer en verantwoordeliker mense. Hulle is goedgemanierd.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
As jy vanoggend effe olik gevoel het, kan jy die skuld op jou sterre pak. Die goeie nuus is, jy weet jy gaan beter voel en weer jou self wees. Wees geduldig, en alles sal regkom.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Daar is kwessies wat jy moet uitsorteer, maar eers moet jy bepaal hoe ver jy kan gaan en hoeveel jy kan doen sonder dat jy die perke oorsteek. Ten minste is daar goeie sterre vir liefde en romanse vir die aand.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Jou gedagtes is by jou huis en moontlik hoe jy dit kan verbeter. Wel, dalk konsentreer jy op een deel van jou huis en hoe jy dit gebruikersvriendeliker kan maak, wat nou die sinvolle raad is.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Daar gaan dinge gelyk op verskillende gebiede gebeur en natuurlik word daar op jou nommer gedruk om die probleme te hanteer, of jy dit wil doen of nie. Jy is immers die een met al die oplossings.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Jy moet aandag skenk aan geld of persoonlike besittings. Soms lei vandag se sterre tot items wat gesteel of verlê word. Maak seker jy beveilig al jou waardevolle besittings.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Jy het ’n kans om iets anders te begin. Hier het jy die kans om die sensitiwiteit en kreatiwiteit te gebruik wat so kenmerkend van jou teken is. Wees net diskreet; moenie met jou prestasies te koop loop nie.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Ou koeie kom ter sprake. Daar is min wat jy daaraan kan doen. As jy hierteen beswaar maak, is jy maar ’n pretbederwer. Aan die ander kant het jy nie ’n gewete nie as jy stilbly. Hoe dit ook al sy, jy wen nie.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Dis ’n goeie tyd vir ’n kuiertjie saam met vriende en kennisse. Jy het ’n mate van vryheid nodig om hierdie sterre te laat werk; probeer dus ná werk saam met jou vriende kuier, wanneer almal kan ontspan en die lewe geniet.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)
Dit blyk jy is in beheer. Soms duik vandag se sterre op wanneer jy belangriker werk as gewoonlik moet doen. Doen dit goed; dit lyk goed op jou CV.

KREEF (22 Jun.- 23 Jul.)
Jy dink aan vergeleë plekke. Vir party Krewe hou dit verband met reis na vergeleë plekke, terwyl ander aan esoteriese en filosofiese onderwerpe dink. Moenie by geloofsbesprekings betrokke raak nie.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Vandag bring onverwagte uitgawes. Vir ’n verandering gaan hierdie uitgawes jou nie platsak laat nie, maar jy gaan ongelukkig wees, want die betaling blyk dringend te wees. Is dit dalk ’n faktuur wat jy vergeet het om te betaal?

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Dit is ’n dag waarop jy dit moet oorweeg om in ’n span of ten minste met ’n vennoot te werk. Dit is nie ’n geval van jy wat nie die werk kan baasraak nie, maar jy sal veel beter vaar as deel van ’n span.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>