Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Maalvleisrolbrood

$
0
0

Koop die brooddeeg vir dié resep by die supermark se bakafdeling.

Genoeg vir 4-6 mense
Bereiding: 15 minute
Gaarmaaktyd: 40-45 minute

15 ml (1 e) olie
15 ml (1 e) botter
2 uie, in ringe gesny
2 knoffelhuisies, fyn gedruk
500 g maer beesmaalvleis
1 pakkie (50 g) tamatiepasta
1 blik (410 g) kersietamaties
15 ml (1 e) suiker
sout en peper
1 kg brooddeeg
slaai vir voorsit

Voorverhit die oond tot 180 °C. Voer ’n bakplaat met bakpapier uit.

  1. Verhit die olie en botter. Braai die uie en knoffel tot die uie deurskynend is. Voeg die vleis by en braai tot dit verkleur. Meng die tamatiepasta deur die mengsel en braai nog effens.
  2. Voeg die tamaties by die mengsel en laat 10 minute prut. Geur met die suiker, sout en peper en roerbraai effens. Laat die mengsel afkoel.
  3. Rol die brooddeeg 1 cm dik uit. Versprei die vleis bo-op en rol die deeg op. Sny die rol in skywe en pak die skywe teen mekaar op die uitgevoerde bakplaat.
  4. Bak 40-45 minute tot gaar en sit voor saam met slaai.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>