Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Wat om die naweek te kyk

$
0
0

Vrydag

Die Hard with a Vengeance

e.tv 20:30

Bruce Willis speel weer die ikoniese polisieman John McClane, wat dié keer in New York moet rondhardloop op soek na bomme wat die sadistiese bobaasmisdadiger Simon versteek het. En asof dit nie genoeg is nie, moet John ook keer dat Simon al die goud uit die reserwebank in die stad steel.

The Pianist

SABC3 21:00

In dié Oscar-bekroonde drama word ’n wêreldklas Joodse pianis gedwing om die gruwels van ’n lewe onder Nazi-beheer te aanskou terwyl sy familie onder hul onderdrukking ly. Terselfdertyd is daar ’n deernisvolle Nazi-soldaat wat die pianis probeer help.

Speed

e.tv 23:10

Daar is ’n bom op ’n bus en al mense wat kan keer dat dit ontplof, is ’n polisieman en een van die passasiers; dié probeer die bom onskadelik stel terwyl die bus teen meer as 90 km/h ry. As dit enigsins stadiger ry, sal die bom ontplof.

Saterdag

Bridesmaids

SABC3 20:00

’n Bruilof is ’n tyd vir liefde, vreugde en geluk . . . behalwe twee strooimeisies wat alles uithaal om te bewys hulle is die aanstaande bruid se beste vriendin. Maar dis presies wat in hierdie briljante komedie met Kristen Wiig in die hoofrol gebeur.

Night At The Museum: Battle Of The Smithsonian

e.tv 20:00

Ben Stiller is terug as die veiligheidswag Larry Daly, en dié keer moet hy sy vriende, wat deel van die museumuitstalling is en saans lewe kry, help toe hulle per ongeluk na ’n ander museum verskeep word.

Planet Of The Apes

e.tv 22:10

In dié nuwe weergawe van die klassieke rolprent van 1968 met Charlton Heston in die hoofrol, speel Mark Wahlberg ’n ruimtevaarder wat op ’n planeet neerstort en dan uitvind dat ape daar die oorheersende spesie is, nie die mensdom nie. En hulle is gewelddadiger en aggressiewer as wat jy jou kan voorstel.

Sondag

Avatar

e.tv 20:00

Sam Worthington speel die tawwe parapleeg en oudsoldaat wat na ’n ander planeet gestuur word om ’n nagebootste ruimtewese te beheer. Sy taak? Om die ruimtewesens te oortuig om weg te trek van hul heilige boom bo-op ’n reuse mineraalafsetting wat op aarde triljoene dollar werd is. Die probleem? Hy raak verlief op een van die ruimtewesens.

We’re The Millers

M-Net 20:05

’n Onbevoegde dwelmhandelaar raak kniediep in die skuld by sy verskaffer en al uitkoms is om Mexiko toe te reis om ’n pakkie op te tel . . . wel, eintlik ’n hele vrag hoëgraadse dagga. Hy moet dit terugbring na Amerika met behulp van “vriende”, wat hy betaal om voor te gee hulle is sy liefdevolle gesin saam met wie hy met vakansie is.

The X-Files: I Want to Believe

e.tv 23:20

Die FBI-agente Mulder en Scully word ’n paar jaar ná die eerste fliek herenig, dié keer om ’n priester te ondersoek wat nie net beweer dat hy visioene van ’n vermiste FBI-agent kry nie, maar ook geheime oor ruimtewesens het.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!