Daar was heelwat ongelukkigheid vandeesweek oor berigte rondom die iPhone 6 Plus se buigbaarheid. Maar hier’s die eintlike vraag: Hoe buigbaar is dit werklik?
In dié video het die gawe ouens by Blendtec na presies die regte antwoord op daardie vraag gesoek.
Die kanaal – wat bekend is vir hul passie om alles te verpletter – van tablette en e-lesers tot blomme en Old Spice – het so wrintiewaar die iPhone 6 Plus, saam met ’n Samsung Galaxy Note 3, aan ’n mengertoets onderwerp.