Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Snoekkoekies met koljandernoedels

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 20 min.
Verkoel: 15 min.
Gaarmaak: 15 min.

SNOEKKOEKIES
heel gaar snoek, grate verwyder en gepluis
2 snye brood, korsies verwyder en in water geweek
10 g vars pietersielie, gekap
5 stingeluie, gekap
20 ml (4 t) suurlemoensap
60 ml (¼ k) soet brandrissiesous
1 eier
sout en peper
45 ml (3 e) olie
NOEDELS
500 g spaghetti of vermicellinoedels
45 ml (3 e) sojasous
10 g koljanderblare, grof gekap
15 ml (1 e) sesamsaadjies, gerooster

  1. Snoekkoekies Meng al die bestanddele vir die viskoekies behalwe die olie. Vorm koekies, pak op ’n bord en verkoel minstens 15 min.
  2. Verhit die olie en braai die koekies aan albei kante tot goudbruin. Dreineer op kombuispapier indien nodig.
  3. Noedels Kook die spaghetti of vermicelli tot al dente en dreineer.
  4. Meng die sojasous en koljander deur die noedels.
  5. Sit die koekies voor op die noedels en sprinkel die sesamsaadjies oor.

‘n Nog goedkoper opsie sou wees om die snoek te vervang met 2 x 170 g-blikkies tuna.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>