Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Sterre vir 22 September 2014

$
0
0

Sterre met Arthur Bowman


VERJAARDAGVERSLAG:
Jou sterre vir die komende jaar lyk meestal belowend. Jy gaan besig wees en beloon word vir dit wat jy bereik. Maar dit wat jy die meeste gaan onthou, is dat iemand jou op ’n baie openbare manier in die steek gaan laat.

BABAS WAT VANDAG GEBORE WORD:
Hierdie mens se sterre gaan hulle lief vir reis en verandering maak, maar dit gaan neig tot selfbevrediging. Hulle gaan sukkel met of weens die teenoorgestelde geslag, asook ’n skandaal, wat dalk onverdiend is.

MAAGD (24 Aug.-23 Sep.)
Jou sterre lyk goed vir vennootskappe en groepwerk. So kry jy meer gedoen met minder moeite van jou kant af.

WEEGSKAAL (24 Sep.-23 Okt.)
Daar gaan ’n klein struikelblok met werk en rondbeweeg wees. Gewoonlik sal dit jou nie pla nie, maar vandag is daar die een of ander misleiding, of waarskynliker verwarring, wat sake vererger.

SKERPIOEN (24 Okt.-22 Nov.)
Jy gaan dink jy het iets gewen, maar die skyn bedrieg; maak dus seker voor jy ’n bottel vonkelwyn oopmaak. Ewenwel, daar is goeie sterre vir geldsake.

BOOGSKUTTER (23 Nov.-22 Des.)
Jy bring sluit iets af sodat jy met iets beters en doeltreffenders kan begin. Dit kan amper enigiets beteken, maar gewoonlik verwys dit na ’n elektriese toestel in die huis.

STEENBOK (23 Des.-20 Jan.)
Dit is tyd om foute uit die weg te ruim wat jy verlede week of vroeër gemaak het. Dit gaan nie soseer foute wees nie, maar iemand wat nie helder gedink het nie en nie al die nodige feite oorgedra het nie; sulke dinge gebeur maar.

WATERDRAER (21 Jan.-19 Feb.)
Vandag kry jy iets wat jy wou hê. Te oordeel na die sterre wou jy hierdie item hê, maar kon dit nie bekostig nie. Jy kan dit steeds nie bekostig nie, maar blykbaar kry jy dit.

VISSE (20 Feb.-20 Mrt.)
Jy word omring deur heelwat verwarring. As jy gevra word om iets op jou eie te doen, moet jy seker maak jy kry duidelike, presiese aanwysings. Indien moontlik, moet jy dit op skrif kry en bewaar.

RAM (21 Mrt.-20 Apr.)
Dis die begin van ’n nuwe week en die begin van ’n nuwe projek. Dit is heel waarskynlik ’n werkprojek en hou amper beslis verband met mense op vergeleë of oorsese plekke. ’n Eilandvakansie op ’n eiland sal lekker wees.

BUL (21 Apr.-20 Mei)
Dit is tyd om na jou gedeelde finansies te kyk. Moenie in te veel besonderhede daarna kyk nie; daar gaan volgende maand ’n paar groot rekeninge kom, wat jy op ’n gereelde basis ontvang. Raadpleeg liefs jou maat voor jy iets doen.

TWEELING (21 Mei-12 Jun.)
Daar is dinge wat jy moet doen, maar al hou jy daarvan om dinge self te doen, kan jy dit nie alleen doen nie; jy het jou maat se mening nodig. Kry dit liewer vroeg; as jy wag, kan dinge skeefloop.

KREEF (22 Jun.-23 Jul.)
Wees vandag versigting. Jy het Mars in jou hoek vir werk, wat soms ongelukkies bring, en die meeste werk-ongelukkies gebeur Maandae. Jy moet dus vandag versigtiger as gewoonlik wees. Jy ervaar vandag ook maagprobleme.

LEEU (24 Jul.-23 Aug.)
Soos gewoonlik moet jy na jou geldsake kyk. Jy moet ’n sekere bedrag vir elke dag uithou sodat jy aan die einde van die week iets vir ’n lekkerny oorhet. Jou aand lyk goed.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>