Kykers kan vanaand regskuif vir die hoogtepunt van die gewilde SABC3-werklikheidsreeks Strictly Come Dancing.
Die Top Billing-aanbieder Jonathan Boynton-Lee, die aktrise Leandie du Randt en die sanger LeAnne Dlamini ding mee om die titel as koning of koningin van die dansbaan.
Leandie, wat in flieks soos Susanna van Biljon, Klein Karoo en Die Windpomp gespeel het, sê sy is baie opgewonde oor vanaand.
“Ek dink ek en my dansmaat, Brandon Eilers Le Riche het ’n goeie kans,” sê sy.
“Ek is so dankbaar vir die ongelooflike en uitdagende reis.”
- Strictly Come Dancing word vanaand om 20:00 op SABC 3 uitgesaai.