Watter name wil jy op die koninklike geboortesertifikaat sien? Stem onder en jy kan dalk een van vyf R1 000-geskenkbewys van Kalahari.com wen!
“Die opgewondenheid oor ’n koninklike baba is weer in volle gang,” het Jessica Bridge van die Britse beroepswedders Ladbrokes aan E! Online gesê. “Met ’n regte raaiskoot reeds agter hul naam herbelê wedders hul wengeld en wed dat die paartjie ’n seun gaan hê en hom James doop.”
Nog ’n Britse weddenskap-agentskap, Coral, het gesê 70 persent van weddenskappe is dat die baba ’n seun is, en James, Alexander en Louis is die gewildste name.
Elizabeth, Diana en Victoria was die gewildste name vir as dit ’n meisie is. Ander moontlike name sluit in Henry (prins Harry se doopnaam) of Philip vir ’n seun en Charlotte en Alexandra vir ’n meisie.
Watter name wil jy op die koninklike geboortesertifikaat sien?
Stem en jy kan dalk een van vyf R1 000-geskenkbewys van Kalahari.com wen!
Bepalings & Voorwaardes
- Die kompetisie sluit 15 September 2014, om 17:00.
- Jy kan soveel keer inskryf as wat jy wil.
- Die vyf wenners sal lukraak gekies word en gekontak word.
- Die kies van die wenners is finaal en daar sal geen korrespondensie daaroor gevoer word nie.
- Die prysborg, Kalahari.com, is verantwoordelik vir die aflewering van die pryse.
- Deur in te skryf vir hierdie kompetisie word jy outomaties geregistreer om ons nuusbrief en ander spesiale aanbiedinge via e-pos te ontvang.
- Werknemers van Media24 en verwante sake-eenhede mag nie aan die kompetisie deelneem nie.