Quantcast
Channel: Huisgenoot
Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Gekaramelliseerde varksteak met koolslaai

$
0
0

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 min.
Gaarmaak: 25-30 min.

4 varkneksteaks
sout en vars gemaalde peper
15 ml (1 e) olie
2 sprietuie, gekap
VRYFMENGSEL
125 ml (½ k) bruinsuiker
5 ml (1 t) rooipeper of paprika
5 ml (1 t) fyn gemmer
KOOLSLAAI
350 g koolslaaimengsel
60 ml (¼ k) olyfolie
30 ml (2 e) suurlemoensap
5-10 ml (1-2 t) strooisuiker

Voorverhit die oond tot 200°C.

  1. Geur die steaks met die sout en vars gemaalde peper en hou eenkant.
  2. Vryfmengsel Meng al die bestanddele vir die mengsel en smeer die helfte daarvan oor die steaks. Pak die steaks op ’n bakplaat en rooster 15 min. in die oond. Haal uit en sny in blokkies.
  3. Verhit die olie in ’n braaipan en voeg die varkblokkies en die res van die vryfmengsel daarby. Roerbraai 5 min. tot die suiker begin klewerig word.
  4. Sprinkel die sprietuie oor en hou eenkant.
  5. Koolslaai Meng al die bestanddele goed en sit saam met die varkblokkies voor.

Viewing all articles
Browse latest Browse all 9424

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!



<script src="https://jsc.adskeeper.com/r/s/rssing.com.1596347.js" async> </script>