Wat om vanaand te kyk
Let asseblief op dat SABC3 hul rooster verander het: Numbers vervang Hawaii Five-O om 21:30 en Law & Order: Special Victims Unit vervang House of Lies om 22:30.
17:58 Villa Rosa (kykNET): Sussie en JP is smoorverlief. Wouter sukkel om Nadine gesoen te kry. Lerato se slapeloosheid maak die lewe moeilik vir die mense om haar.
18:28 7de Laan (SABC2): Nadia is geskok toe sy uitvind waarmee Dewald besig is.
19:30 Fiësta (kykNET): Gerhard Steyn is die gasaanbieder. Die span kuier by die Lusitolandfees in die suide van Johannesburg.
19:30 Voetspore (SABC2): Dis die tweede laaste episode van die seisoen. Die span kan eindelik verder deur die Sahara na Kaïro gaan, pleks van om met die Nyl langs te reis. Naby ’n oase in die weste van Egipte kom hulle by die fabelagtige Wit Woestyn aan.
20:03 Vir Beter of Baie Beter (kykNET): Colin slaap oor by Barbara en Boetie en Bokkie se vliegtuig moet ’n noodlanding maak.
20.30 The Fixer (M-Net): Olivia se kollegas vind uit van die verkiesingsbedrog.
Let asseblief op: Huisgenoot kan nie die akkuraatheid van die inligting verseker nie. Netwerke pas hul uitsaairooster volgens hul eie diskresie aan.